UJ Undergraduate Prospectus 2023

6 UNIVERSITY OF JOHANNESBURG BOODSKAP VAN DIE VISEKANSELIER EN REKTOR U gaan binnekort ’n nuwe reis onderneem. Die keuses wat u nou maak, die deure wat u kies om oop te maak, gaan ’n groot impak op u lewe hê. Twee van die belangrikste besluite wat u moet neem, is wat om te studeer en waar om te studeer. Watter universiteit sal u kies om u tuiste te wees? As u kies om by die Universiteit van Johannesburg (UJ) aan te sluit, sal u reis saam met ons u lei na wonderlike avonture en stapsgewys in die rigting van u akademiese eindbestemming. Ons Universiteit het daarin geslaag om te verseker dat ons ondanks die uitdagings wat die pandemie gebied het die hoogste gehalte onderrig bied. Wêreldwyd word verandering teen ’n ongekende tempo ondergaan. Suid-Afrika worstel in die besonder met ’n buitengewoon uitdagende konteks. Teen hierdie agtergrond moet gefokus word op die skep van ’n groep leiers wat aktief en daadkragtig kan koershou na ’n nuwe toekoms – een wat almal bevorder. Onderwys is aan die kern van hierdie strewe. Die wat nie weet nie, kan nie lei nie. By UJ is ons daartoe verbind om gunstige omstandighede daar te stel sodat u een van hierdie inspirerende en effektiewe leiers kan word. Ons eerste prioriteit is u progressiewe akademiese en intellektuele ontwikkeling wat uiteindelik gegradueerde individue lewer wat ten volle toegerus is vir die volgende hoofstuk van hul lewens, hetsy dit ’n nagraadse reis of die werkswêreld is. Ons visie is om u op te voed om doeltreffende deelnemers te wees aan die Vierde Industriële Revolusie (4IR), waar tegnologie alle aspekte van ons lewens, ook by ons huise en werkplekke verander. Die pandemie het beslis laat blyk dat dit die toekoms is. By UJ sal u vooruitstrewende akademici uit verskillende agtergronde, van regoor die wêreld, wie sal bydra tot u akademiese sukses teëkom. Daar is ’n wye verskeidenheid vooraanstaande programme, wat wissel van voorgraadse diplomas tot doktorsgrade in ons sewe fakulteite en een kollege. UJ het ’n tegnologie-gedrewe benadering tot onderrig en leer aangeneem, wat vergelykbaar is met van die beste universiteite ter wêreld. UJ se wêreldwye statuur en akademiese robuustheid word erken deur die mees gesaghebbende wêreldranglyste vir hoër onderwys. UJ het die afgelope jare as ’n sterk mededinger na vore getree, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op die vasteland, en het aansienlik verbeter op hierdie ranglys. Ons gee voortdurend aandag aan die maksimalisering van u studente-ervaring. Om u oorgang van skool na universiteit te help, bied UJ se Eerstejaarservaringsprogram ondersteuning en ontwikkelingsgeleenthede, terwyl robuuste akademiese programme en tutorondersteuningsprogramme ’n naatlose reis verseker tydens u universiteitstudies. Ons Seniorjaarervaringsprogram sal u ’n hupstoot gee in die rigting van u finale jaar, gradeplegtigheid en daarna. Verdere ondersteuningstelsels en buitemuurse geleenthede sal bydra tot u holistiese ontwikkeling. Ons studente vorm ’n integrale deel van die UJgesin. Naas ’n aangename, veilige, ondersteunende en intellektueel stimulerende omgewing, bied ons ook die geleentheid om u netwerk uit te brei. U kan vriendskapsnetwerke bou wat u lewenslank sal ondersteun. By UJ is ons passievol oor gemeenskapsdiens en om ’n verskil in ons gemeenskap te maak. U kry die geleentheid om saam met medestudente positiewe verandering teweeg te bring. UJ is ’n jong en dinamiese universiteit en ons gegradueerdes laat hul merk op ons land, die vasteland en daarbuite. UJ bied u die geleentheid om ’n individu te word wat die toekoms tot voordeel van ons wêreld herbedink – ’n ware UJhandelsmerkambassadeur. Dit is u tyd om ’n nuwe weg te baan en u stempel op die samelewing af te druk. Dit is u toekoms, herverbeel! U keuse van UJ as u akademiese tuiste is die beste belegging wat u kan maak. Prof Tshilidzi Marwala Visekanselier en Rektor

RkJQdWJsaXNoZXIy MjU1NDYx